Eindtyd met Amanda & Danie Botha DEEL1

preview_player
Показать описание
Eindtyd met Amanda & Danie Botha DEEL1

Please follow us on:
Рекомендации по теме
Комментарии
Автор

Dankie vir die reeks Danie. Binne die konteks wat jy praat, van wat jy praat, en die vlak van my eie kennis oor die eindtye en ook dit wat Heilige Gees vir my openbaar, verstaan ek alles wat jy sê en het ek vrede daaroor. Ek glo ook niemand sal in hulle aardse bestaan, presies weet in die fynste detail waaroor dit gaan nie, want soos 1 Kor 13 staan ons ken ten dele en profeteer ten dele. En verder aan in vers 12 "Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig." Jy doen goed my broer. Doet so voort.

Janneman
Автор

Kritiek sal altyd daar wees... Mense moet wakker word en die Hoof boodskap kry‼ Awesome Boodskap deur al 5 Dele Amen🙏

ajinvest
Автор

Dankie!!! Jy is awesome!!! So vol van die Heilige Gees!!!

christinevandermerwe
Автор

Sjoe ek lees die comment en mens oordeel en beledig en als. Danie haal skrif uit Skrif hy suig nie sy duim uit nie. En Hoekom elke een wat oordeel en sê dit verkeerd gaan doen jy self die studie gaan lees jou woord en vra Heilige Gees als te openbaar!!! En die Woord wat WEG EN WAARHEID IS.

michellpretorius
Автор

Dankie Danie, paar stukke bygebring en omdat ek glo - listen to men and seek understanding from God - kan almal hier oor praat - en werk julle eie heil uit met vrees en bewing

corriepretorius
Автор

Danie, baie dankie vir een van die duidelikste opsommings wat ek nog gehoor het oor die onderwerp!

josephesrudiekruger
Автор

Wil net se ek stem volkome saam met die deel 1....ek is baie lief vir die eskatoligie van die eintyd en tekens wat so duidelik vir die mensdom op aarde gewys word sodat hulle hul kan bekeer tot die geloof van Yahshua ons Een Elohim God van Israel.
Dankie vir n vinnige tog praktiese skrifte wat die waarheid deurgee Danie dit is uitlik so maklik om als te verstaan want Abba Vader openbaar Sy waarheid aan die siel wat hoger na Hom en Sy Woord waarheid...Ek seen jou bediening vandag in in die Naam van Yahvahshua.

fanuspotgieter
Автор

Awesome dankie. Ek was altyd onder die indruk Jesus was die een op die witperd...

adele.D
Автор

Mense, wees baie versigtig vir hierdie man se verduideliking tov hoe hy Openbaring en die eindtyd aan die wêreld verkondig. Hy is onverantwoordelik oor die manier hoe hy sy oortuiging oordra. Die Bybel sê uitdruklik dat niemand weet wanneer die eind-tyd gaan plaasvind nie, dis net die Vader in die Hemel. Die storie oor die wit, swart en rooi perd is verby verregaande - WEES VERSIGTIG!!!

michaelblignaut
Автор

“For I testify to everyone who hears the words of the prophecy of this book: If anyone adds to these things, God will add to him the plagues that are written in this book; and if anyone takes away from the words of the book of this prophecy, God shall take away his part from the Book of Life, from the holy city, and from the things which are written in this book.”
‭‭Revelation‬ ‭22:18-19‬ ‭NKJV‬‬

Chiquita
Автор

Die beste verduideliking wat ek nog ooit van Openbarjng gehoor het was Annalize van Rensburg. En ook John Wasserman se utube "the end of th World" Hierdie uitleg is werklik nie reg nie.

maribeukes
Автор

Danie, hoekom verskil jou uitleg van profesieë so radikaal van die Protestante se profetiese uitleg?

artusmalherbe
Автор

Julle almal stry nou so lekker oor wie is reg en wie is verkeerd oor die wegraping en of daar ooit een gaan wees. Als net om jul eie egoes te bevredig.
Vat a tree terug en kyk net hoe lyk hierdie hele kommentaar blad. Lyk dit vir julle asof ons een onder Christus is?

Iemand wat nog nie die Here gevind het nie sal na hierdie kyk en vir homself sê; "hoekom sal in dit glo waarin ander nie eers met mekaar kan stem nie". En jul weet vir n feit dat daar baie is wat Jesus nie eers n kans gee nie agv jul menslike gestryery.

Inplaas van stry, vra jouself eerder: Is ek gereed om vandag voor God te staan? Is my kind gereed om vandag voor God te staan? Is my ouers gereed om vandag voor God te staan? Is my buurman gereed om vandag voor God te staan?

Dan sal jul sien dat hierdie heen en weer net nutteloos is.

brendanvanbiljon
Автор

Prof Redelinghuys het baie nare opmerkings rondom Danie Botha se lering. Ek wou graag vir hom ‘n comment los maar sy comments is af! Ek het baie by Danie geleer en het waardering vir die tyd wat hy afstaan om ander te leer. Ek het wel vir die Prof die volgende email gestuur. Wag om te sien of hy daarop sal reageer. Goeie middag Prof Redelinghuys

Ek het vanmiddag van ‘n kennis u YouTube boodskap oor Danie Botha se eind tyd leuens gekry.
Ek moet sê toe ek die opskrif van die video sien was ek onmiddellik gegrief Ons noem ons almal kinders van God, maar ons haal mekaar met woorde uit!!!
Ons het almal die reg op ons eie siening en mag en kan met liefde van mekaar leer. Ek stel nie eers belang om u siening te hoor nie net omdat u so kras opskrif daarby het. Ek het persoonlik ‘n baie groot respek vir Danie Botha maar verafgod GEEN mens nie. Gelukkig is ons ook gevul met die
Gees van God wat ons instaat stel om te onderskei tussen reg en verkeerd. Ek kon moontlik by u iets geleer het, maar u krasheid het tot gevolg dat ek geensins van u iets wil leer nie. Dit is baie duidelik dat die eie EK in baie mense nog te lekker voort leef.
Mag die Gees van God u lei tot meer sagtheid. U tema kon gewees het...misvertande rondom die eind tyd of iets dergeliks. Om Danie direk so kras aan te val is absoluut teen God se wil. Ons moet mekaar verdra en lief hê. As u die saak met respek teenoor ‘n ander kind van God hanteer het, sou ek graag na u geluister het want ek het ‘n leerbare gees.

Jesus liefde
Christa

christaadendorf
Автор

Baie dankie Danie vir al die jare wat jy fantastiese lof vir die Here gebring het. Ek luister al jare na jou, my een seun het jou musiek so geniet, hy is op 20 na Koning Jesus. Ek voel net jammer as mense ongeskik raak as hul kommentaar wil lewer, so jammer, onthou asb lewe soos kinders van die Lig, Efesiers 5v 8, ek probeer ook, en ja, ons almal sien ten dele en ons ken ten dele. Ek is glad nie iemand wat my steur aan die eindtye nie, maar toe ek sien Danie Botha lewer kommentaar hieroor, toe luister ek, en Danie Botha stel dit duidelik reg in die begin, hy praat hoe hy die Woord verstaan, ja ons kan verskil van mekaar, maar weet jy wat, die Here gebruik selfs die wat verkeerd is, soos ek, krom en verdaaid in my denke, so gebruik hy my ook. So het Hy vir 'n vrou wat, myns insiens, valse visioene gesien het (Sue Thomas) gebruik om 'n boer te bereik om die Woord te lees! Ag ek kan aangaan oor hoe ek vandag anders dink as selfs 8 maande gelede, maak dit saak? Danie verkondig die Koning, Jesus, as die Here Jesus Christus, die Messias wat weer gaan kom. Bly nederig asb, Danie inkluis, en weet ons ken ten dele, eendag sal ons als weet.

matthewklein
Автор

Dankie Danie, jy is een van min predikers wat nog die Woord suiwer verkondig. Ek verstaan nie hoe mense die wegraping kan afskiet nie, die Woord is tog duidellik daaroor. Hoe kan Jesus met die bruid terug keer tydens die wederkoms as Hy hulle nie eers weggeneem het nie en hoekom moet ons wat alreeds n keuse vir Hom gemaak het en Hom volg nog deur die verdrukking ook gaan? Sterkte vir julle wat deur die verdrukking wil gaan, ek gaan saam met Danie en al die pre tribbers wanneer Jesus Sy bruid kom haal. Ons gaan Hom in die lug ontmoet en bruilof hou terwyl die res van die mensdom deur die verdrukking moet gaan.

roneloelofse
Автор

Danie lyk nog net dieselfde👌🏻

Stem saam met byna alles wat hy sê.... en die paar goedjies waaroor ons verskil gaan niks aan iemand se saligheid doen nie...

Hierdie boodskap moet gehoor word deur baie mense wat in kerke vas aan die slaap gesus word vandag.... hoofsaaklik ons eie Afrikaner mense.

Dankie vir die video Danie en Amanda... mag daar baie oë geopen word en mag hierdie boodskap baie vrug afwerp in hierdie laaste dae..

dpbierman
Автор

Aaaa Danie, dis so lekker om te luister na iemand wat die dispensasies reg verduidelik🙏🏼

DrLukeonCall
Автор

Daar is nie ñ plaasvervanger vir ñ intieme persoonlike verhouding met die Here deur Sy Gees nie. Wat ookal gebeur, Sy genade is genoeg vir ons want Sy krag word vervolmaak in swakheid. Onthou net wanneer Jesus kom gaan almal in die hele wêreld Hom gelyk sien. Daar gaan nie enige twyfel bestaan of dit regtig Hy is nie. Almal gaan Hom baie duidelik sien. As dinge dalk baie rof raak, moenie mislei word en glo as gevolg van tekens en wonders dat Hy al gekom het nie. Lees Mat 24 van begin tot einde. Wees geseënd

adristrydom
Автор

Dankie Danie, jy praat so reg na my hart. Stem 100% saam.

lessingtom