Toe Die Engel Aan Die Water Raak (Ft. Nádine)

preview_player
Показать описание
Lirieke:
Ek het mooi gevra – gebedel by die hemel
Ek’t my Pa gevra
vir ‘n been wat pas in my ribbekas
om die legkaartstukke in te las
daar waar die gate was

My lyf het gedryf in die dooie see
jy’t die fakkels in die donker vir my aangegee,
my losgemaak, uit die doringdraad,
toe die engel met haar hande aan die water raak

Ek het verdwaal op eenspoor-paaie,
jy het dit alles kom verander,
deur die breeklyn van die branders,
loop jy na my ‘n engel op die water

Hy het jou gestuur
tot in die koue van my eenman-vuur
gemeet gepas – aan my flenterjas,
jou ingelas met sy waterpas,
daar waar die gate was

Jy’t my opgetel langs my slingervel,
toe die reuse in my kop hulle geld kom haal,
jy’t my oorvertel in n volverhaal
met die bloed van jou trane hulle terugbetaal

Ek het verdwaal op eenspoor-paaie
jy het dit alles kom verander,
deur die breeklyn van die branders,
loop jy na my ‘n engel op die water

Ek’t aanhou bloei deur die verbande
jy het dit alles kom verander,
deur die breeklyn van die branders,
loop jy na my ‘n engel op die water

Jy’t gesê die sand val deur ons hande
ek en jy
die hemel het my bedelbrief gekry

Ek’t mooi gevra
gebedel by die hemel - ek’t my Pa gevra
vir ‘n ribbekas waarin ek sou pas
om die legkaartstukke in te las
daar waar die gate was

Ek het verdwaal op eenspoor-paaie
jy het dit alles kom verander,
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water

Ek’t aanhou bloei deur die verbande
jy het dit alles kom verander
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water

Musiek Vervaardiger:
Byron Kuntz

Regisseur:
Tertius Human

Kameras :
Tertius Human

Video Vervaardigers:
Laughing Lamp

Redigeerder:
Tertius Human

Platemaatskappy:
Roots Records

Produksiebestuurders:
Tertius Human

#afrikaans #dozimusiek #braai #Dozi #nuweafrikaans #afrikaanspop #pop #maybemybaby #ouryperd #music #southafrica
Рекомендации по теме
Комментарии
Автор

Dis mos nou Afrikaans waarop mens kan trots wees!!! Dankie Dozi & Nadine!

mariusdevos-
Автор

Dit is absolute fantastiese lirieke deur ‘n baie begaafde Francis Grobler! Ons Afrikaanse musiekbedryf kan doen met meer lirieke van hierdie gehalte.

koortsj
Автор

Die Song van 2024 vir my! Well done dis fantasties mooi!

jackieoberholzer
Автор

Pragtig!
Die kombinasie van Dozi en Nadine ... 2 verskillende generasies se lief en leed saamgesnoer met die mooiste, gevoelvolste stemme, musiek en lirieke ...
Wat meer kon ons voor vra in 2024?

martinkotze
Автор

Das ist ein sehr schönes Lied 🥰 Liebe Grüße aus Deutschland

Louisp
Автор

Ek kanie op hou luister na jul 2 nie.GOD is groot, jul 2 gaan baie lewens verander.xx

bertus
Автор

'n Beeldskone treffer - welgedaan Dozi en Nadine. Lirieke is pragtige sielswoorde uit die pen van Francis Grobler. Muesiekvervaardiger Byron Kuntz - well done!!

NicoSchamrel
Автор

Kan net nie genoeg kry van die lied nie, dit is pragtig en julle sing dit so mooi, so trots op ons taal..

wilyh
Автор

Wow Dozi en Nadine dis onbeskryflik mooi dis bitter mooi, baie dankie vir julle twee, my gebed vir altwee van julle is dat ons Vader ook julle elkeen se ribbebeen sal gee om ook julle lewens te vul met die regte Engel op die water...want julle het mooi gevra, julle het dit alles kom verander.... so mooi

hennietraut
Автор

Jul sing met soveel gevoel. Awesome liedjie, welgedaan mag jul geseend wees. Verseker 2024 treffer Amen

corastander
Автор

Dit is pragtig, kan dit oor en oor luister. Baie geluk met die pragtige lied.❤

elmariedurandt
Автор

As ons besef ons is soekend en dan uitroep en die uitgestrekte Hand altyd daar om op te tel en te help en versterk. Dankie Dozi en Nadine

ansiebam
Автор

Dit is die mooiste mooi lied ●●● met die mooiste mooi diep woorde ●●

rianasteyn
Автор

Die mooiste mooi!! Ek bly in Calgary al vir 20 jaar en hierdie is die mooiste lief ooit! Raak diep!

canuck
Автор

Dis seker van die mooiste lirieke waarna ek nog geluister het. Julle dra dit so mooi oor en stemme pas uitstekend. Well done

designastitchmagdavanzyl
Автор

beste songwriting in 2024 and beyond 'n juweel van 'n song - laat my ween - to be honest - BRAVO Dozi en Nadine for being so REAL!!!!

realeroux
Автор

Ek het die lirieke probeer vertaal in Engels vir iemand wat gevra het. Dis bitter moeilik want dit is regtig so 'n ongelooflike liedjie! Die lirieke is onsettend mooi!

tiaanfroneman
Автор

Wat 'n prag lied!! Jul stemme pas uitstekend SAAM!! Dit spreek met almal se ❤

ceciliavanheerden
Автор

Wow, wat kan mens sè, mooi verby.Nadine en Dozi ken al twee die seer van harte.Jul 2 mense is uniek verby.Baie liefde vir jul musiek en vir julle.Bertus van Eeden.

bertus
Автор

Dit is verseker die Lied van 2024. Wel gedaan jul 2 dis fantasties mooi.

maartenkruyshaar
join shbcf.ru