Rudi Kleingeld - Nuwe Maan

preview_player
Показать описание
Geniet Rudi Kleingeld se video van " Nuwe Maan ".

Lirieke:
Jou glinster in die helfte deel
Ewe magies speel en speel
Grawitasie repeteer
Met golwe spoel jy sondes leeg

Die melkweg is jou goeie vriend
Groet en lag
Waar sterre om jou vlieg
Met trekkrag onvermydelik
Die wyse man verduidelik

Gedurig in gesprek met jou
'n Antwoord vir die hier en nou
Jou lig wat teen my reflekteer
Het gate uit jou bors geskeur
Beide van ons ewe skaam

O jy ken my goed
O liewe Maan

Jy blus die vlamme van die son
As die skadu oor die aarde kom
Antike jy wat tyd versnel
Jy praat met my geheime taal

Verander die woestyn se lot
'n Donker plek wat helder word
Die wolf en jakkalse roep na jou
'n by planeet wat rigting hou

Gedurig in gesprek met jou
'n Antwoord vir die hier en nou
My lig wat teen jou reflekteer
Het gate uit my bors geskeur
Beide van ons ewe skaam

Ja jy ken my goed
O Nuwe Maan

Ek skryf vir jou geheime brief
Elikser en die steen geskied
Met vra wat dringend antwoord soek
Ek is vasgedruk in elke hoek

Skrywers:
Rudi Kleingeld & Francis Grobler / Vonk Uitgewers CC

Kameras:
Pieter Pieters

Redigeerder:
Pieter Pieters

Kleur Redigeerder:
Pieter Pieters

Musiekvideo Konsep:
Pieter Pieters
Rudi Kleingeld

Produksie Bestuurders:
Pieter Pieters
Jannie Scherman

Produksie:
Tertius Human - Coolerbox Studios

Musikale Produksie Instrumente:
Vinnie Henrico - Drums
Tertius Human - Bass
Byron Kuntz - Atmosfeerklanke
Rudi Kleingeld - Kitaar en stem


Рекомендации по теме
Комментарии
Автор

So lekker om weer 'n siels liedjie te hoor. Dankie.

ChrissieLatham-wc
Автор

WOW Rudi …. STUNNING!!… Well done man…. 👌🏻👌🏻👌🏻

renierhenn
Автор

Well Done R5!! Nog 'n brilliant song! #keepthemcoming🎸🎶😁

leanrecoetzee