filmov
tv
Rooikappie en die wolf

Показать описание
Eendag, lank lank gelede was daar ‘n meisie met die naam Rooikappie.
Rooikappie woon naby ’n groot donker woud.
“Ouma is siek”, sê haar ma “Vat asseblief hierdie mandjie vol eet goedjies vir Ouma”
Rooikappie huppel en sing terwyl sy stap en blommetjies pluk. Skielik keer n groot grillerige wolf haar voor. Hy glimlag vir haar en lek sy lippe af.
“Waarheen gaan jy?” wil die groot wolf weet. “Ek gaan na my Ouma toe,” sê Rooikappie. Maar Mamma sê: “Ek mag nie met wolwe in die woud praat nie!”
Die wolf hardloop weg. Hy het 'n plan. Hy gaan Rooikappie by Ouma se huis vang! Die wolf hardloop by die voordeur in. Hy sluk Ouma met een hap in!
Hy trek Ouma se kappie en nagklere aan en klim in die bed.
Rooikappie kom by Ouma se huis aan en klop aan die deur.
"Kom binne my liefie, die deur is nie gesluit nie." Hoor sy n growwe stem sê.
"Ouma hoekom is Ouma se oë so groot?” vra Rooikappie.
"Om jou beter te kan sien, my kind,” sê die wolf.
“Hoekom is Ouma se ore so groot?” vra Rooikappie.
“Om jou beter te kan hoor my kind” sê die wolf.
“Hoekom is Ouma se mond so groot?” vra Rooikappie.
“Om jou vinnig op te eet!” skreeu die wolf.
Rooikappie skrik, gil en hardloop uit, en die wolf agterna,
Die wolf sluk vir Rooikappie met een groot hap in.
Die Houtkapper het verby gekom en vir Rooikappie hoor gil.
Die wolf hardloop tot in die woud, en besluit om ‘n uiltjie te knip.
Maar wat hy nie weet nie, is die houtkapper is kort agter hom.
Die Houtkapper sny die wolf se maag oop om vir Ouma en Rooikappie uit te haal.
Hulle pak sy maag vol klippe, terwyl hy slaap. Die wolf was te swaer om wakker te word, en die houtkapper, Rooikappie en Ouma was nooit weer gepla nie.