filmov
tv
9781431616411 Gebede met vlerke

Показать описание
Gebede met vlerke bevat meer as 45 gesels-gebede wat laerskoolkinders aanmoedig om self die avontuur van gebed te ontdek. Die ses verskillende afdelings word elkeen aan ʼn ander soort voël gekoppel. Die gebede in daardie afdeling weerspieël dan die unieke kenmerke van die spesifieke voëlsoort. So gaan die Arend-gebede oor die krag van God en Duiwe-gebede oor dankbaarheid vir al die goeie dinge. Deur hierdie vergelykings leer kinders om spontaan en gemaklik met God oor hulle vreugdes, hartseer en besorgdhede te praat én daarmee vol te hou.