Die Duiwel Is Skelm - Frans & Anita Briel Met Marie Fourie

preview_player
Показать описание
Een van die mees legendariese musiekfamilies in die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis is sonder twyfel die Briel-familie! Oom Frans (5 September 1919 / 4 November 1985), Tant Sannie (9 Junie 1923 / 10 Julie 1996), Anita (16 Julie 1949 / 03 Julie 2022) en Fransie (12 September 1954) het 'n absolute skat van musiek vir ons nagelaat. Hulle word oor die algemeen beskou as die grootste sterre uit die sogenaamde trantrekker-era van die mid 50's tot met die begin van die 70's. Hulle het onderskeidelik meestal in duet of as trio opgeneem, en slegs in twee gevalle, Pieter Potgieter en Marie (Maria) Fourie, met nie-familie voor die mikrofoon stelling ingeneem. Oom Frans en Tant Sannie het hul debuutopnames gemaak op 24 Augustus 1955 in die Trutone-ateljee.

In 1961 het Oom Frans, Anita en Marie Fourie hierdie pragtige solus-sewe opgeneem, met die twee snitte "Die Duiwel Is Skelm" en "My Dierbare Vrou" daarop. Beide is gekomponeer deur Oom Frans. Die solus-sewe (Pêrel P 230) is uiters skaars en voorwaar 'n versamelaarsdroom!
Рекомендации по теме
join shbcf.ru