'N SPLINTERNUWE GRATIS KURSUS: JY KAN WEER DROOM

preview_player
Показать описание
"Ek is maar te bewus hoe swaar mense tans kry en ook hoeveel mense hulle werk en sommige gedeeltes van hulle inkomste verloor het. Baie mense het só hulle drome verloor, Ek het daarom besluit ons nuwe kursus gratis beskikbaar te stel."

Ek wil jou uitnooi om nou reeds te registreer vir dié inspirerende aanlyn-kortkursus LEEF GEÏNSPIREERD wat op 3 Februarie 2021 vrygestel word. Ek wil dit vir mense gee wat voel hulle drome is weg, sodat hulle weer kan begin droom.

Die kursus is vir mense wat met nuwe energie en inspirasie wil leef, en met "zest" nuwe rigting wil vind. Dalk na 'n siekbed, dalk na 'n egskeiding of dalk in die tydperk van gereelde afsondering.

Jy ontvang drie inspirerende video's om jou te begelei, plus leesmateriaal wat jy op jou eie tyd kan deurwerk. Al wat jy nodig het, is ‘n potlood of pen en ‘n joernaal (sommer 'n lekker notaboek).

Hierdie kursus sal beskikbaar wees vanaf 3 Februarie. Om die gratis kursus te ontvang moet jy met jou e-pos adres registreer onder aan dié bladsy. Jy sal dan op 3 Februarie 'n skakel met gratis toegang tot die kursus ontvang.

Рекомендации по теме
welcome to shbcf.ru