filmov
tv
2. Leer ons bid | Die Boek Psalms

Показать описание
Andre en Rebecca Joubert
“Jesus was êrens op ’n plek besig om te bid. Toe Hy klaar
was, sê een van sy dissipels vir Hom: ‘Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy
volgelinge geleer het’” (Lukas 11:1, NAB).
Baie Christene is van mening dat ware gebed altyd spontaan en
ongememoriseerd behoort te wees. Tog het die dissipels, na die versoek dat
Jesus hulle moet leer bid, ongelooflik baie waarde uit ’n aangeleerde gebed
geput. Die Here het immers Psalms, wat ’n gebedsboek is, reg in die middel van
die Bybel gesit — en nie net sodat ons kan weet hoe die volk in antieke tye gebid
het nie, maar sodat ons as moderne gelowiges ook kan leer bid.
Sedert die vroegste tye het die psalms beslag aan die gebede van God se volk
gegee, en ook aan Jesus se gebede (1 Kron. 16:7 en 9, Neh. 12:8, Matt. 27:46 &
Ef. 5:19). Vandeesweek bekyk ons die rol van die psalms, hoe dit die volk van God
gehelp het om koers op die geloofspad te hou en om hul bande met God te verdiep.
Voorts moet ons in gedagte hou dat die psalms gebede is en dat hulle, derhalwe,
van onskatbare waarde is — nie net vir die teologiese insigte wat dit ons bied nie,
maar ook vir die wyses waarop dit ons individuele en gesamentlike gebede kan
verryk en transformeer.
Om die werke in Psalms te bid het al baie gelowiges gehelp om ’n gereelde en
vervullende gebedslewe op die been te bring.
Vandeesweek duur ons ondersoek van die psalms voort, veral binne die konteks
van volharding te midde van teëspoed.