JESUS MAAK DIE RES VAN JOU LEWE ANDERS - 20 Desember 2020 (10:15)

preview_player
Показать описание
Lukas 2:25-38 (NAV) Daar het destyds 'n man met die naam Simeon in Jerusalem gewoon. Hy was getrou aan die wet en vroom, en het uitgesien na die koms van die Verlosser van Israel. Die Heilige Gees was op Simeon en het aan hom bekend gemaak dat hy nie sou sterwe voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie. Deur die Gees gelei, het hy opgegaan na die tempel toe. Toe die ouers die Kindjie Jesus bring om vir Hom die gebruiklike bepaling van die wet na te kom, het Simeon Hom in sy arms geneem en God geprys en gesê: “Here, laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord, omdat my oë u verlossing gesien het wat U gereed gemaak het voor die oë van al die volke: 'n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel.” Sy vader en moeder was verwonderd oor die dinge wat van Hom gesê is. Simeon het hulle geseën en vir Maria, sy moeder, gesê: “Kyk, hierdie Kindjie is bestem tot 'n val en 'n opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word. So sal die gesindheid van baie mense aan die lig kom. En wat jou betref, 'n swaard sal deur jou siel gaan.” Daar was ook 'n profetes, Anna, 'n dogter van Fanuel uit die stam Aser. Sy was al baie oud. As jong vrou was sy sewe jaar getroud, en na haar man se dood het sy weduwee gebly. Sy was nou al vier en tagtig jaar oud. Sy het nie van die tempel af weggebly nie en het God dag en nag gedien deur te vas en te bid. Juis op daardie oomblik het sy nader gekom en God gedank en oor die Kindjie gepraat met almal wat na die verlossing van Jerusalem uitgesien het.

DIE HERE LOS DIE BESTE VIR LAASTE
Simeon leef op ’n hoë ouderdom met die verwagting dat hy die Here se verlossing sal beleef. Toe gebeur dit. Toe hy eendag in die tempel instap, sien hy die Kind Jesus saam met sy aardse ouers. Dan roep Simeon uit: “Nou kan ek in vrede sterf. Ek het die Here gesien!” So lyk ’n goed geleefde lewe. Die lewe het nooit Simeon se drome gesteel nie. Sy beste aardse oomblikke wag teen die einde van sy lewe op hom. Daarom prys hy vir God as hy vir Jesus in sy arms vashou. Hy was nou in die teenwoordigheid van die Verlosser van die mensdom.
DIE HERE SIEN GEWONE MENSE RAAK
Anna se lewe was baie hard. Sy was ’n weduwee, maar in haar armoede was sy steeds getrou aan God. Sy het dag en nag gevas en gebid. Daarom wag die verrassing van haar lewe op haar aan die einde. Sy sien ook die Messias daar in die tempel. Boonop kan sy getuig teenoor ander mense dat die verlossing van Israel nou aangebreek het.
Geloof vra om ’n lang, lewenslange gehoorsaamheid aan Christus. Dan sal ons Hom sien saam met Simeon en Anna.
Рекомендации по теме
join shbcf.ru