Hoe word Die Naam (YHWH) uitgespreek?

preview_player
Показать описание
In 1898 het A.H. Sayce drie eenvormige klei tablette, wat na die tyd van Hamurrabi terug gedateer kan word, getranslitereer wat duidelik verklaar het “YaHWeH is Elohim”(sien Haley’s Bible Handbook bl.62).

Die Lakish briewe, wat in 1938 gevind is en na die 6de eeu voor die Algemene Era terug gedateer kan word, is die oudste Hebreeuse geskrifte wat volgens rekord met die gewyde Naam daarop gevind is; dit wys ook duidelik dat Sy gewyde Naam as ‘YaHWeH’ uitgespreek is. Wat verder ook baie interessant van die Lakish briewe is, is nie net die feit dat dit in antieke Paleo-Hebreeus geskryf is nie, maar ook dat hulle vokaal wysers het, iets wat baie seldsaam vir so 'n antieke dokument is, en dui die vokaal wysers ook duidelik die uitspraak van Yod Hey Waw Hey as ‘YaHWeH’ aan.

Na dit het die Masorete, vanaf ongeveer die 6de tot die 10de eeu A.E, daaraan gewerk om die oorspronklike teks van die Hebreeuse Bybel oor te dra en het hulle die klinkers van die Naam YHWH met die klinkers van die Hebreeuse woorde Adonai of Elohim vervang. So het die kunsmatige naam ‘Jehova’ (‘YeHoWaH’) in gebruik gekom.
Alhoewel Christengeleerdes na die Renaissance en Hervormings periodes die term Jehova vir YHWH gebruik het, het skrifgeleerdes in die 19de en 20ste eeu weer die ware vorm van YHWH begin gebruik.

Die Geskiedkundige, Flavius Josephus, het ook gesê dat die uitspraak van YHWH foneties soos 4 klinkers uitgespreek word; “EE AHH OOOH EY.” (EE + AHH = Yah,) (OOH + EY = weh). Dus, wanneer jy die 4 letters foneties saam uitspreek klink dit soos ‘YaHWeH’.
Volgens die Rabbi's, wat die Naam opsetlik verkeerd skryf sodat hulle dit nie per ongeluk hardop sal sȇ nie, mag hulle die Naam slegs eenkeer 'n jaar uiter, op die Dag van Versoening, en dit slegs deur die Hoë Priester in die Tempel. Later het die Rabbi's dit goedgekeur dat alle Jode die Naam mag sê, maar weereens slegs op die Dag van Versoening en net met sononder aan die einde van die dag. Uit nuuskierigheid het ek op 'n keer na die Klaagmuur gegaan waar hulle die Naam mag sê op die tyd wat die Dag van Versoening na sy einde begin staan
het en het ek duidelik die uitspraak van YHWH as ‘YaHWeH’ vir sowat 5 minute oor en oor gehoor.
Sommiges het verkeerdelik probeer om die Naam van YaHWeH met die valse god Jupiter te koppel omdat Jupiter ook IOUE genoem is, wat foneties as ‘YaHWeH’ uitgespreek kan word. Daar moet genoem word dat die antieke heidene 'n hele aantal gode aanbid het en dat hulle nie skaam was om enige nuwe konsep van 'n goddelike as 'n god vir hulself te aanvaar nie. Dit is hoekom die godin Ishtar ook Semeramis, Diana, Athena of Aphrodite genoem is. Nie een van die name klink foneties dieselfde nie en nie een van die name is transliterasies van die ander naam nie. Dit was bloot net 'n algemene praktyk vir heidense kulture om enige nuwe god te aanvaar en hom of haar op die naam van een van hulle ou gode te noem.

Webster's Collegiate Dictionary: Jehova — Valse weergawe van die Hebreeuse YAHWEH. (“Jehova,” Webster's New Collegiate Dictionary, 1973 ed.)

Encyclopedia Americana: Jehova — verkeerde vorm van die naam van die God van Israel. (Encyclopedia Americana, vol. 16. 1972 ed.)

Encyclopedia Britannica: Die Masorete wat vanaf die 6de tot die 10de eeu gewerk het om die Hebreeuse Bybel te reproduseer het die klinkers van die naam YHWH met die klinkers van Adonai of Elohim vervang. Dit het die kunsmatige naam Jehova laat ontstaan. (“YaHWeH,” The New Encyclopedia Britannica, vol. 12, 1993 ed.)

The Jewish Encyclopedia: Jehova — 'n verkeerde uitspraak van die Hebreeuse YaHWeH, die naam van God. Die uitspraak van Jehova is grammaties onmoontlik.” (“Jehova,” The Jewish Encyclopedia, vol. 7, 1904 ed.)

The New Jewish Encyclopedia: Dit is duidelik dat die woord Jehova 'n kunsmatige samestelling is. (“Jehova,” The New Jewish Encyclopedia, 1962 ed.)

The Encyclopedia Judaica: Volgens die Encyclopedia Judaica, p. 680, vol. 7, is die ware uitspraak van die tetragrammaton, YHWH, nooit verlore nie. Die Naam word as YaHWeH uitgespreek. Dit is gereeld op die manier uitgespreek, ten minste tot 586 BCE. Soos duidelik gemaak word uit die Lakish briewe wat kort voor die datum geskryf is.

Encyclopedia Judaica, pg. 680, The Macmillan Co., New York, 1971. Die ware uitspraak van die naam YHWH is nooit verloor nie. Verskeie Griekse skrywers van die Christelike Kerk getuig dat die naam as 'YaHWeH' uitgespreek is.

Die 1914 Leidsche Vertaling translitereer ook die Naam as volg in o.a Jesaja 42:8, “Ik ben Jahwe, dit is mijn naam.”

Jesaja 52:6, “Daarom sal My volk My Naam leer ken; daarom sal hulle weet op daardie dag dat dit Ek is wat praat: Hier is Ek!”

Sy Naam is duidelik YaHWeH, laat ons saam Sy Naam helder en duidelik prys! HalleluYAH!

Рекомендации по теме