Dawid Hart - Psalms 23

preview_player
Показать описание
Reading PSALMS in our Native Language (Afrikaans):

Psalms 23:
1 JaHWeH is my Herder; niks sal my ontbreek nie.
2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
3 Hy verkwik my Siel; Hy lei my in die spore van Geregtigheid, om Sy Naam ontwil.
4 Al gaan ek ook in die dal van Doodskaduwee, ek sal geen besoedeling vrees nie; want U is met my: U Septer en U Staf dié vertroos my.
5 U berei die tafel voor my Aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my Beker loop oor.
6 Net Suiwerheid en Guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die Huis van JaHWeH bly in lengte van dae.
Рекомендации по теме