Skerp Tandjies - Pietman Geldenhuys

preview_player
Показать описание
Skerp Tandjies
Pietman Geldenhuys
Album: Van die os op die jas
2018

Die water was onstuimig
Maar die pil het haar ontspan
Daar is fake tan op haar rug
En sy vat een vir die span

Daar's 4 mense op Cabrito
En Patrys staan op die wal
Sy drink 'n sterk mojito
En laat 'n vloekwoord val
Pre:
Bo op die boot staan ons almal bont
Onder die water draai die taksman rond
Met 12 lyne in die water
Byt daar gou 'n ding
Die dorado word al kwater
Soos die sinkers om hom sing

Die middagson bak hul gaar
Haar hoed is oor haar oë
Die tuna byt nou aanmekaar
Die stokke staan geboë
Chorus:
Orals waar jy gaan moet jy taks betaal
Selfs diep in die water moet jy geld uithaal
Maar hierdie is die taksman met die haaivin aan
En daarby het hy ook sommer 'n grys pak aan
Skerp tandjies, met die grys pak aan (x2)

Sy swoeg en sy sweet
Om hom in te katrol
Die geelvin wat die heeltyd met die lyn weghol

Dan word dit skielik maklik
En die vissie voel klein
Die taksman het jou waarlik
met haar vis se stert verdwyn
Chorus
.... Dit was 'n lang storie, want dit was 'n lang vis
Рекомендации по теме