TREK 'n eenvrouvertoning deur Gera Phielix

preview_player
Показать описание
Johan Myburgh - BEELD

"Dat dit 'n stuk met oemf is, is nie altemit nie.
In die eerste plek bied Phielix 'n vernuftige blik op die Groot Trek, 'n gelade onderwerp wat menige kunstenaar eerder ignoreer as om daarby betrokke te raak. Sy benader dié onderwerp vanuit 'n oorspronklike hoek ¬- deur 'n vroue-perspektief. Die gevolg is dat die gehoorlid self deur 'n boel ambivalente gevoelens moet werk (wat, glo ek, nog altyd die rol van kuns was).
Phielix glip gemaklik van rol tot rol. Soms soveel at 'n mens nog in die agterkop die fyner detail van een karakter wil uitpluis. Die tempo is nie fout nie, dit is net die leefwêrelde van die onderskeie karakters wat op die verhoog so lewe kry, wat 'n mens boei.

Phielix is 'n akteur en teaterskepper met 'n toekoms. Daarvan is ek oortuig."

Trek gee 'n stem aan van die individue wat deel was van die Groot Trek, veral die vrouens wat hierdie harde en lewensgevaarlike tog in die vreemde onderneem het. Trek handel oor geheime, verhoudings en avontuur gedurende 'n tyd van beproewing: Die Groot Trek. Vier voortrekkervrouens, Magdalena, Hester, Johanna en Kleintjie kan nie oor die weg kom nie, maar sonder mekaar sal hulle nie oorleef nie. En dan arriveer die brief wat dreig om dié fyn balans te verwoes...

'Trek' is 'n eenvrou vertoning wat elke Suid Afrikaner moet beleef.

Рекомендации по теме
Комментарии
Автор

Wens jy kan n volle vertoning opneem. Ek koop dit graag.

dryzterbaard
join shbcf.ru