RAAF - Paternoster (amptelike musiekvideo)

preview_player
Показать описание
RAAF met Paternoster in video
Ons het Paternoster geskryf in die dorp Paternoster aan die Weskus tussen ons klanktoets en konsert by die Koelkamers Teater. As jy op Paternoster aankom vertel mense graag dat dit "Onse Vader" beteken en die gebeds krale van die Rooms Katolieke kerk is...
Vir ons is Paternoster 'n metafoor vir die manier hoe ons altyd liefde moet kies ten spyte van al die foute wat elkeen van ons in ons het...oor en oor

Dit strek vir ons selfs verder na die konteks van ons ongelooflike land Suid-Afrika. Die Here weet, met al jou foute lief ek jou meer...

Paternoster:
Geskryf en vervaardig deur Lourens en Esté Raaf
Vervaardigers: Lourens Raaf & Ben Ludik
Musiek opgeneem by The Nothing Club & Abbey Road Studio, Johannesburg
Recording & mixing engineer: Ben Ludik, Fred Den Hartog
Mastering Engineer: Ewald Jansen Van Rensburg, PopKult

Video opgeneem en geredigeer deur Ruben Oosthuizen

Volg RAAF op die sosiale kanale:

Lirieke:
Ek wil jou nie meer sien nie
Ek wil deur jou oë sien
Ek wil jou nie kan hoor nie
Ek wil met jou ore hoor
Ek wil nie met jou praat nie
Ek wil namens jou redeneer
Selfs al stap ons deur die stilte saam
Sal my woorde oor jou wees

Sal jy my liefhê sonder pretens
Sal jy my toedraai in gister se wense
Sal jy wou oud word deur storm en wind
Sal jy my vashou al maak niks meer sin nie

Want ons het foute ek en jy,
Maar met al daardie foute lief ek jou meer

Paternoster
Die Here weet
Met al jou foute lief ek jou meer

Jy is so onvoorspelbaar
So wonderlik arrogant
Kan jy nog meer op my groei
Al ken ek jou van elke kant
Somtyds breek al die mure
Ons is so kwesbaar
Stukkend, verwaarloos, weerloos, weg
Meestal raak die storm stil
En is jy al wat ek wil hê

Sal jy my liefhê sonder pretens
Sal jy my toedraai in gister se wense
Sal jy wou oud word deur storm en wind
Sal jy my vashou al maak niks meer sin nie

Want ons het foute ek en jy,
Maar met al daardie foute lief ek jou meer

Paternoster
Die Here weet
Met al jou foute lief ek jou meer
Рекомендации по теме
Комментарии
Автор

Amazing

Lyrics:
I don't want to see you anymore
I want to see through your eyes
I don't want to hear you
I want to hear with your ears
I don't want to talk to you
I want to reason on your behalf
Even if we walk through the silence together
My words will be about you

Will you love me without pretense?
Will you wrap me in yesterday's wishes?
Would you want to grow old through storm and wind?
Will you hold me even when nothing makes sense anymore?

Because we both have faults,
But with all those faults, I love you more

Our Father
The Lord knows
With all your faults, I love you more

You are so unpredictable
So wonderfully arrogant
Can you grow on me even more?
Even though I know every side of you
Sometimes all the walls break down
We're so vulnerable
Broken, neglected, defenseless, gone
Mostly, the storm calms
And you are all I want

Will you love me without pretense?
Will you wrap me in yesterday's wishes?
Would you want to grow old through storm and wind?
Will you hold me even when nothing makes sense anymore?

Because we both have faults,
But with all those faults, I love you more

Our Father
The Lord knows
With all your faults, I love you more

dynamicloveministries
Автор

Ons het hierdie song live beleef en dit was life-changing! Dankie RAAF! Julle gee soveel hoop vir Afrikaanse musiek!

KobusVenter
Автор

Wow, such a powerful song! Love that build-up at the end - ROCK AND ROLL!

Jonathan-rkql
Автор

YES, it's finally here!!! Been waiting for this one for a while - Lourens and Esté know why - and it was worth waiting for! Brilliant work, Raaf, LOVE, LOVE, LOVE IT!

SeanModernAthlete
Автор

Hey julle, het heeltoevallig onlangs op julle musiek/YouTube kanaal afgekom... ons 'love ' jul musiek, wel gedaan! Wens die radiostasie in SA wil meer gereeld RAAF op die lug speel! Hou so aan!

wildwebafricaproductions
Автор

Simply amazing ! Digkuns wat boekdele spreek.

DarkStorm