filmov
tv
RAAK NOU KALM - VLUG NA GOD TOE - 12 JANUARIE 2025

Показать описание
DATUM: 12 JANUARIE 2025 (OGGEND)
PREDIKER: PROF. STEPHAN JOUBERT
TEMA: RAAK NOU KALM - VLUG NA GOD TOE
SKRIF: PSALM 46 (DB)
Psalm 46:1-12 (DB) Geskryf vir die koor van Korag. Sing die lied op die wysie van “Jong vroue”
1. VLUG GAAN JY VLUG, MAAR KIES JOU KOERS BETYDS!
Psalm 46:2 (DB) As ons in ons nood wil vlug, kan ons na God toe vlug. Hy is baie sterk. As ons beskerming soek, sal die Here ons beskerm. As ons in die moeilikheid is, sal Hy ons help.
2. WANNEER JY REG VLUG …
(a) ... is jou skrik weg. Dan kan jy die lewe se grootste krisisse in die oog kyk
Psalm 46:3-4 (DB) Daarom skrik ons vir niks nie. Al sou die aarde bewe en dit lyk of die berge in die see wil wegsak, ons is nie bang nie. Al druis en skuim die see, en al skud dit die berge heen en weer.
Wanneer jy reg vlug …
(b) ... gaan jou vrees nie net verdwyn nie maar Vreugde gaan verskyn in jou lewe want God is in die huis
Psalm 46:5-6 (DB) Die vloei van ’n waterstroom bring vreugde in die Godstad. God self bly daar. Daarom sal niks slegs dit kan tref nie. Voor hulp nog nodig is, het God reeds gehelp.
Wanneer jy reg vlug …
(c) ... gaan God jou help voor jy vra en gaan Hy in die gemors jou beskerm en verstommende dinge doen
Psalm 46:7-10 (DB) Mense is verskrik en sterk regerings bewe. Maar God hoef maar net te praat, dan verkrummel alles letterlik voor Hom. Die Here, vir wie niks onmoontlik is nie, is by ons. Hy is ons groot Bevelvoerder. Die God van Jakob sal ons self beskerm. Kom kyk wat die Here alles op die aarde doen. Dit is verstommend. Hy maak oral ’n einde aan die bakleiery tussen mense. Die wapens waarmee mense oorlog maak, vernietig Hy met vuur.
3. RAAK NOU KALM, WANT:
Psalm 46:11-12 (DB) Wees stil en weet Ek is God. Ek regeer oor nasies, oor die hele aarde. Elke mens sal erken dat Ek die belangrikste is. Niks en niemand is en kan so belangrik wees soos Ek nie. Die Here, vir wie niks onmoontlik is nie, is by ons. Hy is ons groot Bevelvoerder. Die God op wie Jakob ook vertrou het, sal ons beskerm.

Комментарии