Theuns Jordaan - Huldigingsdiens

preview_player
Показать описание
Emosionele seremonie om Theuns Jordaan te groet
Die afsterwe van ons geliefde musiekheld, Theuns Jordaan, het Afrikaanse mense in rou gedompel en eerskomende Vrydag, 26 November om 11:00, sal daar tydens ’n intieme seremonie hulde aan Theuns gebring word. Dié geleentheid sal deur Theuns se Pa, Willie Jordaan, en verskeie van Theuns se musiekvriende bygewoon word.
As gevolg van huidige Covid-19-beperkings op begrafnisse word slegs 100 gaste toegelaat, maar elke ondersteuner van Theuns sal wel kan deel wees van die verrigtinge deur op Afrikaans is Groot se YouTube-kanaal en Theuns se Facebook-blad in te skakel. Die diens sal regstreeks vanaf die Moreletapark Gemeente in Pretoria uitgesaai word. Ds. Pieter Badenhorst sal die diens waarneem.
Van Theuns se naaste musiekvriende in die bedryf soos Bok van Blerk, Ricus Nel en Dozi sal ook die geleentheid bywoon en huldeblyke sowel as sangitems lewer. Kisdraers sluit ondermeer Kurt Darren, Steve Hofmeyr en Bobby van Jaarsveld in.
Kunstenaars soos David Kramer, Anton Goosen en Valiant Swart sal nie die geleentheid kan bywoon nie, maar videoboodskappe van dié kunstenaars wat na aan Theuns gedurende sy loopbaan was, sal gespeel word.
Terwyl Theuns se pa die geleentheid sal bywoon om bedankings namens die familie te doen, sal sy Ma, Maryna, ongelukkig nie kan reis om by die diens te kan wees nie. Sy is in ’n versorgingseenheid in Bethulie en Theuns se enigste suster, Linda, sal by haar ma wees vir onderskraging.
Streng veiligheidsmaatreëls sal in plek wees om te verseker dat alles stiptelik sal geskied.
Рекомендации по теме
Комментарии
Автор

Amper 2 jaar later, en hierdie diens breek steeds my hart. Rus sag, groot gees ❤

BritzieR
Автор

Ek bid dat mense wat na die boodskap geluister het Jesus sal vind net soos Theuns sy Verlosser gevind het. Jou musiek sal voortleef in ons harte. Rus in vrede.❤

annelizeiliffe
Автор

I cannot believe Theuns Jordann has left so early on in his life. His music will be with me and many many more and I will watch and listen for always. R I P Theuns you will be missed but always in my and others hearts.

drose
Автор

Thanks for the music Theuns. Today heaven gets one of the best singing Angels ever. You will be missed by many thousands of us Africans that are spread around this world, living in exile from our wonderful continent, Mother Africa. Rest In Peace mate. Ken Perth Australia 🇦🇺

sadzasnake
Автор

Danke Theuns
voor die vele mooie liedjes die U voor ons gebracht hebt
ze gingen allemaal recht in het hart. Wij zullen U nooit vergeten
Het was zo'n mooi afscheid dienst
Dank aan die mensen die dit allemaal verwezenlijkt hebben dat wij dit langs
electronische weg konden volgen.
.Dankie vir die weermag en Trompet geskal.

RUS ZACHT LIEVE THEUNS.

lucienpopleu
Автор

I am so sorry, I did cry when I heard this sad message. This gentleman with his unique beautiful voice is gone too much early. Every day I hear his wonderful music, thank you from Germany Mr. Theuns, you are a present of god.

thomaselsner
Автор

What a beautiful service.. rest in peace Theuns...God comfort his family 🙏

karenadlam
Автор

Theuns your singing was really a
'beautiful noise' in this world. miss you.RIP

glenjulien
Автор

Baie dankie dat ons deel kan wees van Theuns se begrafnis diens. Ons, sy fans, waardeer dit baie ♥️🙏

leilam
Автор

I only discovered this amazingly talented man on YouTube 2 months ago, what a wonderful find. He was more than talented ! He had a rich clear voice and covered all types of music which can be said of someone who truly had flexible talent. Sure wish he could have made it, but I can tell you this Rev 21:3, 4 tells us what the grand creator has in store for all that have fallen asleep in death, such as my beautiful daughter and granddaughter. To his family those of us who got to hear and still enjoy that beautiful voice...we are grateful for the opportunity.... Love from Idaho USA

ceceliadickson
Автор

Continue to sing with the Angels Theuns. You were a legend, even though I don’t understand the words of your music but I love listening to your music every time. Rest in perfect peace. May God give the family the fortitude to bear the loss. Love from Scotland 😢😢😢

tinabeck
Автор

Wat 'n pragtige hartroerende huldeblyk aan een van ons grootste musiek helde, Theuns ons gaan jou baie mis, maar jy lewe voort in ons huise, motors as na jou musiek luister, wat so baie inspirerende boodskappe koester, RIV Theuns 🙏😭💔

louisebotha
Автор

Condolences to family and friends. Theuns is a legend and will be sorely missed. Loved the man and his music. Rest in peace.

hermangibson
Автор

Dankie dat ons deel kon wees van die groet, Theuns jy sal 'n legende wees vir altyd, in ons harte - mooi loop

aryanto
Автор

Got a shock. RIP. Gone too soon so young. Just recently got to know of him and enjoyed his music every night. Will miss him. thankful for the music he gave us.

seasonwalk
Автор

Baie Baie dankie vir die voorreg om saam met almal wat so Lief vir Theuns is te kon kyk na die Afskeids diens van hom dit was baie Hartseer o Dozi my hart het gebreek om jou Bobby en almal so te sien huil.
Die was die mooiste mooiste Totsiens diens ooit wat ek gesien
het. Die Rose in die musiek houer was n pragtig idee.
Al ons sangers julle luister ek is lief vir julle almal sterkte Tannie en Oom ek hiu julle in my gebede.
Dankie vir die mooi boodskap..Dankie vir die weermag en Trompet geskal.
Dankie vir almal sy bydrae vir hierdie mooi BEGRAFNIS.
RUS IN VREDE LIEFSTE THEUNS.
😭😭😭😭😭😭😭😭

meisiebosman
Автор

Baie, baie dankie vir die mooie diens en dat ons die voorreg kon he om dit te sien.Theuns RIV ons gaan jou geweldig baie mis, maar jy sal vir altyd in ons harte bly en in ons huise. Rus sag my vriend

marlenewelch
Автор

Thank you for the music. Thank you for making this world a better place.

Ktalks
Автор

Wat 'n ongelooflike mooi, hartroerende asook hartseer huldeblyk. Theuns se pa oom Willie en sy ma Maryna asook sy suster, mag God Sy vertroostende oor jul uitreik en jul vertroosting bied. Sal altyd na sy musiek luister. Hy sal vir altyd voortleef in ons gedagtes en harte xx

Terblans
Автор

Mi más sentido pésame a su familia, amigos y a toda la música por su pérdida. Siento no haberte conocido antes, esa voz, esos graves.... Siempre sonarás en nuestros corazones. Un abrazo y gracias por tu música, Theuns.

nicolasriosaguado