Spoegwolf - Silwer (Official)

preview_player
Показать описание
© Spoegwolf (PTY) LTD 2021

Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit
Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf

Silwer - 3 September 2021
Beskikbaar op alle streaming platforms.

Music Video:
Vervaardig deur Spoegwolf
Editing: Chris von Wielligh
Cinematography: Eric T. Graham, Andre Badenhorst
Edit Assist: Eric T. Graham

Baie dankie aan Harley Davidson Cape Town!

Spoegwolf is:
Danie du Toit
Albert van der Merwe
Chris von Wielligh
Moskou du Toit
Hiram Koopman

Silwer:
Lirieke en Song deur Danie du Toit
Musiek deur Spoegwolf

Lirieke:
ek het ons hond het uit die reën ingebring
jy's vas aan die slaap
my wonde sing

ons het dit maklik laat lyk
maar jou boots is vol modder
my hande vol bloed

en al daai dônners kan wag
ek het ons ride uitgesort
ek het die bekers gepak
ons gaan ry die langpad om

en die hemel is silwer
jy's storm van goud
die bome’s geraamtes
ek sal oud word by jou

en die hemel silwer
jou hare is goud
ons ry deur geraamtes
ek wil oud word by jou

ek is deur monsters gejaag as 'n kind
maar ek het omgedraai
ek het my vuiste gebal

laat my nou opstaan soos 'n man vir jou
al is daar wild en pyn
vlak in my oë

my verlede kan wag
ek pak my hart by jou in
met ons hond op die bak
kan ons ry, die lang pad om

en die hemel is silwer
jy's storm van goud
die bome is geraamtes
ek sal oud word by jou

en die hemel silwer
jou hare is goud
ons ry deur geraamtes
ek wil oud word by jou
Рекомендации по теме
Комментарии
Автор

Hulle bring nostalgie, fantastiese klanke, liefde vir hierdie taal en prentjie-mooi waardering vir Suid-Afrikaanse landskappe! Ek haal my hoed af.

TheZAmonster
Автор

Vreemd hoe Spoegwolf ons maak dink aan daai een persoon sonder om hulle op die naam te noem. Love dit Danie Julle!

kobenhofmeyrofficial
Автор

my verwagtinge word met elke nuwe tune byverre oortref...

marnokruger
Автор

Die song..mal mooi. Die my huistoe. Niks soos RSA en onse moedertaal. Eerste keer ek Spoegwolf hoor maar deffies nie laaste keer nie. Waardering uit boonste rakke. Met dank.

etd
Автор

🎶🎵
Ek luister na Silwer, maar ek voel soos GOUD !!! 🤩🔥🤪🥳
#Spoegwolf #Unexpected #ButWeCanAlways Expect The Best!

tiaandupreez
Автор

die melody en beat laat my dink aan ghost riders in the sky

randomvideos
Автор

Ruan, ek sal jou altyd dalk resent vir die pyn wat jy my veroorsaak het, maar altyd dankbaar wees dat jy spoegwolf aan my voorgestel het.

camsartstudio
Автор

Total soutie girl here - but Spoegwolf is my FAVE South African band. SO SO good.

toni_jerafe
Автор

Dit raak net beter en beter ❤️well done Spoegwolf!!

amecoetzee
Автор

Another fantastic song, great visuals and quality video. Thank you for blessing us with this!

mveeden
Автор

Die songs laat jou altyd crave vir meer.

christoffopperman
Автор

rook daai pypie boetie dit werk julle Sing pure pasie

nicocoetzee
Автор

More Gold than Silver here! Superb.
With greetings from Sweden

jorgenhedman
Автор

WONDERLIKE liedje! Dankie Spoegwolf, ek hou vir jou. Sien julle by die DRUM!

lucretiaa.
Автор

Danie reenwolf jy is die god van musiek. Spoegwolf#1

hennievanzyl
Автор

kan nie ophou na die song luister, Repeat ALL DAY..Well done bois

estiaan
Автор

Ex “Saffa” living in Sydney Aus - finds SA band that I wish was around when I was a Matie in the 80s……fok ek wens julle was daar toe ek n student was al daai jaare gelede. My kinders verstaan nie eens Afrikaans en love julle stuff….

peterhoz
Автор

julle breek my verwagtinge met elke nuwe album. dit is pure poësie. wel gedaan. dit maak mens trots om Afrikaans te wees.

meganrobertson
Автор

Ek sukkel met bordeline major depression, en vanaand is een van daai aande waar dit erger is as gewoonlik, en die liedjie het my weer 'n nuwe lig laat sien vir more....

vanessakuhn
Автор

Kan nie ophou om die song te luister en te sing in my kop ni😂🤘🏻🤘🏻🎸🎸🐺🐺

tiaanvandenberg