filmov
tv
Kaleidoskoop - Wegbreek

Показать описание
Gepubliseer: 17 Feb 2017
Vervaardiger en Videograaf: Paul Hugo Bravo & Thatcher
Ander Videograwe - Jean de Villiers - Daville, Jean & Dean Brummer - Consuming Fire Films, Etienne Schoeman - Schoeman Film
Spesiale dank: Die Du Plessis gesin - The Fig Tree House - Nelspruit, Re:treat huisie - Moolmanshoek, die Badenhorst gesin - Siloë - Harrismith, tannie Rika - Eersterivier, die Streichers - Swellendam en die van Vuurens by LittleBig studio - Pretoria.
___________
Wegbreek
Agter slot en grendel vasgevang
Deur die tralies van die stad bly ek na jou verlang
Daar is 'n kronkelpad waarna my hart so smag
Hierdie stofpad kronkel deur die platteland se prag
Stap ek kaalvoet deur die ongerepte land
Wees my medereisgenoot, kom vat my hand
Sodra die son se strale deur die wolke breek
Word die gedoofde kers in my hart weer aangesteek
Soos die berge oprol om die see vir my te bring
Kan ek voel hoe die vrede my hart weer binnedring
Geroeste doringdraad deel ervare raad
Jy span jou liefde en jou hart bly vry van haat
Windpomp se kreun wat sy wysheid kom verleen
Draai van vreugde in die droogte en die reën

Sodra my kaal voete teen die seesand slaan
Met net die wind wat deur my hare dans
Laatmiddag son wat warm aan my vel kom kleef
Voel ek weer ek leef
Voel ek die vrede my hart weer binnedring
WEGBREEK is die eerste enkelsnitvrystelling vanaf die nuwe album, Gunsteling Seisoen, wat in Maart 2017 uitgereik word. Hierdie album is ’n viering van die groep se suksesvolle dekade in die musiekbedryf. Die video is deur die loop van 2016 verfilm. Jouba en Anique moes die meeste van die beeldmateriaal self opneem in die tyd waarin hulle aan die nuwe album geskryf het.
“Die titel van die liedjie spreek vanself. Dit gaan oor die neiging wat almal het om nou en dan weg te breek uit die stad of dorp om uit te span by die see of met ’n grondpad êrens perspektief, eenvoud en ook vrede te gaan vind.
Ons het gevoel die kykers wil dalk meer weet van hoe die skryf- en opneemproses van ’n album lyk. Die grootste gedeelte van die video gaan oor hoe ons WEGBREEK om te gaan skryf, asook wat ons inspireer (die natuur). Die einde van die video wys dat die ‘sending’ waarop ons was eers voltooi is wanneer iemand die CD koop, die musiek geniet en inspirasie daaruit put"
Twitter: @kaleidoskoop2
Instagram: @kaleidoskoopband
Publisiteit & Bemarking
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717

Комментарии