Deon Meiring - Moeilikheid (Die Slaapkamer Sessies #2)

preview_player
Показать описание
Episode 2: 'n Liedjie oor passiewe aggressie. Lirieke as jy "Show more" klik.
Slaapkamer: My nuwe woonstel, ek het oor die naweek getrek.

Lirieke:

Niemand het my
leer baklei nie
Ek het nog nooit
op straat gebly nie

Ek sal graag
my merk wil maak
hoeveel keer voor ek
die laaste keer praat

Ek het jou nog
nooit laat voel nie
Sê wat ek moet
nie wat ek bedoel nie

Ek sal graag
my merk wil maak
Luister of ek
is klaar gepraat

Ek soek moeilikheid
Jy't dit gemaak
Hier kom moeilikheid
Gaan gee jy't gevra
Die beste lesse
leer die seerste
As jy my tref dat ek lê
sal ek les opsê
Amen

Niemand sal hoor
as ek stilbly nie
Ek het nog nooit
my beurt gekry nie

Ek sal graag
'n letsel laat
luister voor ek
jou bek stilmaak

Ek het gehoor
hulle praat van
vegkuns
wel, ek verf jou gesig
bloedrooi, Bliksem!

Ek sal graag
'n skildery maak
pasop of ek gaan
jou pimpel en pers
raam

Moeilikheid
Jy't dit gemaak
Ek soek moeilikheid
Gaan gee jy't gevra
Die beste lesse
leer die seerste
As jy my tref dat ek lê
sal ek les opsê
Amen

Amen

Moeilikheid
Jy't dit gemaak
Ek soek moeilikheid
Gaan gee jy't gevra
Moeilikheid
Jammer vir my taal
Moeilikheid

Ek soek moeilikheid
Ek soek moeilikheid

Amen
Рекомендации по теме
Комментарии
Автор

Dit is fantasties dat jy het die liereke bygevoeg! Baie dankie! Ek hou van jou musiek! :-)

jenna___
Автор

Nou kom na 'n gig toe een of ander tyd :) Thanks Stephan!

DeonMeiring
Автор

Niemand het n mooier stem as Deon Meiring nie :D... sal jou graag eendag wil ontmoet :)
Keep it up

stephandutoit
Автор

Mal oor die song! En dat jy sommer die boks gebruik!! Werklik awesome!!! ❤

Gaylaf
Автор

Hello, al die pad uit Australia dis a baie nice liedtjie hierdie. Keep up the fantastic work :)

CrazyZord
Автор

"Die beste lesse leer die seerste. As jy my tref dat ek lê sal ek les opsê."
Amen
Kon dit nie beter sê nie

SimztillIdie
Автор

Ironies, die "boks". Well done Deon

marcokoch
Автор

Wanneer het jy of glaskas weer 'n show hier in Centurion Deon? Ek wil jou nog altyd ontmoet. Ek luister my glaskas cd's gaar en kan ne genoeg kry van jou slaapkamer sessies nie. Op my Bucket list om 'n foto saam jou te neem!

GizelaCon
visit shbcf.ru