Familie ▶ leer van familie in Afrikaans!

preview_player
Показать описание
As jy vir jou kind wil leer van familie en jou gesin, is jy by die regte plek! Hierdie kort video word toegewy aan familie, familielede en ook die verskil tussen familie en gesin. Ons gebruik die bekende karakter, Ben, om vir die maatjies te leer van familie. Ons kyk na oumas en oupas, niggies en nefies, ooms en tannies en wie wat genoem word in die familie. Die kinders sal sommer gou verstaan hoe familie werk en wie wat genoem word in hul eie families.
Onthou, herhaling is vaslegging, so oefen gereeld die regte benaminge vir familielede met jou kind. Maak ook seker hulle verstaan die verskil tussen gesin en familie. Ook baie belangrik om te onthou:

- Toets jou kind gereeld deur te vra wie hul nefies, niggies ens. is.
- Vra dat die kind verduidelik hoekom iemand iets van hulle is (byvoorbeeld: hy is my oom want hy is mamma se boetie)
- Identifiseer benaminge vir familielede

As jy hou van hierdie video - "subscribe" asb. om op hoogte te bly van ander afrikaanse lessies vir kinders!
Рекомендации по теме
welcome to shbcf.ru