John Rock Prophet. Koue Vuur (Cover)

preview_player
Показать описание
ohn Rock Prophet Koue Vuur . Writen by Koos du Plessis

Lyrics
Die kole gloei, soos vroeër aande.
Maar die vuur is in my kop.
En 'n ysige wind, skroei my hande.
Vas teen die beker, met dop.

Die ryp is 'n vlam om my voete.
Maar die koue, brand in my bors.
En ek drink en ek dink aan die soeter, wyn teen die groter dors.
Met 'n koue hart, tot die môre uur.
Drink ek teen die vuur in my kop.
En ek voel die koue, ek voel die vuur.
Vreet my stuk-stuk op.
Vreet my stuk-stuk op.

Daar's teveel, met die wêreld gefoeter.
Daar's teveel met die mense gemors.
En ek drink en ek dink aan die soeter, wyn teen die groter dors.
Met 'n koue hart, tot die môre uur.
Drink ek teen die vuur in my kop.
Ek voel die koue.
Ek voel die vuur.
Vreet my stuk-stuk op.

Die helde, na al die geploeter.
Lê diep in die aarde se kors.
En ek drink en ek dink aan die soeter, wyn teen die groter dors.
Met 'n koue hart, tot die môre uur.
Drink ek teen die vuur in my kop.
En ek voel die koue.
Ek voel die vuur.
Vreet my stuk-stuk op.

Met 'n koue hart, tot die môre uur.
Drink ek teen die vuur in my kop.
En ek voel die koue.
Ek voel die vuur.
Vreet my stuk-stuk op.

En ek voel die koue.
Ek voel die vuur.
Vreet my stuk-stuk op.

Director
Quintin van der Merwe

Cameras
Quintin van der Merwe

Editor
Quintin van der Merwe

Color Editor
Quintin van der Merwe

Music Video Concept
Quintin van der Merwe & John Rock Prophet
Рекомендации по теме
Комментарии
Автор

Hierdie liedjie sal vir ewig 'n plek in ons harte hê.

hollyvelasquez
Автор

Wiedermal ein tolles Lied! Grüße aus Deutschland 🇩🇪!

milanfaste
Автор

Jis, jis, die karperde draf mooi. Lekker John, lekker.

greentyre
Автор

Die video laat my dink aan 'n paar karperde wat ons gehad het. Al jou dae gehad om hulle ingespan te kry. Maar wanneer hulle eers in is, dan soek jy geen ander nie.

greentyre
Автор

Bliksem!! Die gevoel in jou stem in die weergawe is tasbaar!!! Ek vrek oor Koos Du Plessis se musiek, hierdie is wragtig een van die beste weergawes daarvan nog.

smileyfog
Автор

Diep en betekenisvolle lirieke, pragtig gesing. Dit is ware musikale kunswerk

alenh