filmov
tv
Wees nederig van hart. @mannevandiewoord4832

Показать описание
Wees nederig van hart.
“Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.”
MATTHÉÜS 23:12 AFR53
• Nederigheid (tapeinos en Praytes in Grieks) is volgens Paulus ‘n vrug van God se Gees se werking in jou lewe (Gal 5:23; 1 Pet 3:4; Jak 3:17; Matt 5:5).
• Nederigheid beteken dat mens nie van jouself meer dink as wat jy behoort nie (Rom 12:3; 1 Kor 4:6). Mens moet eerder toelaat dat God jou denke volgens sy wil inrig (Rom 12:2).
• Nederigheid begin volgens die Bybel eerstens by ‘n ware verstaan van wie God is (Matt 11:29). Indien ons verstaan wie God is, dan verstaan ons ook wie ons is, en wie ander is (2 Kor 10:1).
• Ons besef dan dat ons tot niks in staat is nie. Dit is net God se genade wat ons maak wat ons is. Ons ontdek ook dat God se krag juis tot uiting kom as ons swak is (Efes 3:20).
• Geliefde iemand is nederig omdat hy of sy ander bo hulself stel, en kan dan deur God gebruik word tot diens (Matt 6:2). Uiteindelik kom dit alles neer op die wyse waarop Jesus geleef het (Fil 2:5-10; 2 Kor 10:1).
Gebed: Here leer my om nederig te wees sodat ek ander se belange op die hart sal dra en deur U gebruik kan word. In Jesus naam. Amen 🙏🏻
Shalom 🕊️